Oemra

Pelgrims loop tydens die hadj om die Kaäba in Mekka.

Die oemra (Arabies: عمرة) is ’n bedevaart na Mekka in Saoedi-Arabië wat Moslems enige tyd van die jaar kan onderneem, in teenstelling met die hadj wat een keer per jaar op ’n spesifieke tyd plaasvind. Oemra beteken in Arabies "om ’n bewoonde plek te besoek". In die Sjaria, die godsdienswette van Islam, beteken oemra om die tawaf om die Kaäba en die saj tussen die heuwels Safa en Marwa te voltooi nadat ’n heilige staat, bekend as die ihram, bereik is.

Dit word soms ’n "mindere pelgrimstog" genoem omdat die hadj die "belangrike" bedevaart is wat verpligtend is vir alle Moslems wat fisiek en finansieel daatoe in staat is. Die oemra is nie verpligtend nie, maar word sterk aanbeveel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search